Danny & Lize-Mari Zurnamer se Herfstroue by Trinity Gate, Sinksabrug
Ek die voorreg gehad om Danny en Lize-Mari se spesiale dag vas te vang by die pragtige Trinity Gate trouvenue. Hierdie herfstroue was gevul met emosie, opregtheid en ’n liefde wat regtig uitgestaan het.
Voor die seremonie het hulle ’n intieme oomblik gedeel, waar hulle hul persoonlike beloftes aan mekaar voorgelees het, 'n ongelooflike emosionele oomblik en voorreg om dit te kon vasvang.
Die dag was asemrowend en intiem met die Outeniekwaberge in die agtergrond en sagte herfsblare wat die toneel nog meer romanties gemaak...