‘n Spesiale Familie Fotosessie in Buffelsbaai – ‘n Huis Vol Herinneringe
As fotograaf is daar sekere sessies wat nie net werk is nie, maar ‘n eer en voorreg. Hierdie familie fotosessie in Buffelsbaai, in die Tuinroete, was een van daardie oomblikke. Die sessie het plaasgevind by die familie se strandhuis, gebou deur hul oupa en een wat groeie en ontwikkel saam met die familie en tye. Oupa Emile Scheepers was toeka se tyd my laerskool hoof en sy vrou was week na week agter die orrel by die Kerk en in die musiek klas op skool.
Deur die lens het ek nie net ‘n familie afgeneem nie, maar...