Die van Staden familie het saam met goeie vriende op Boggomsbaai kom kuier. Goeie vriende is kosbaar en raak partykeer nader as familie. Dis die lag, die gesels, die saamwees en die herinneringe wat vir altyd by mens bly.
Hulle sê: "Selfs `n SLEGTE dag by die see is beter as `n GOEIE dag op enige ander plek!" Maar die sonopkoms was nie `n goeie dag by die see nie...dit was `n FINOMINALE dag by die see!!!
Intieme Troue van Retief & Lucinda by die Kapel in Heroldsbaai
Weggesteek in die hartjie van Heroldsbaai staan ’n klein kapel, die perfekte plek vir ’n intieme troue, so besonders soos dié van Retief en Lucinda.
Dit was ’n dag gevul met warmte, emosie en familie. Die intieme atmosfeer het elke oomblik kosbaar gemaak en die liefde tussen die bruidspaar was duidelik in elke glimlag en traan.
Retief was so effens uit sy gemaksone, maar hy het homself oortref! Sy rustige teenwoordigheid en opregte emosie was wel duidelik sigbaar. Lucinda het uitgeblink, sy was stylvol en kalm, met ’n...
Wedding of Louis & Logan at Diaz Beach Hotel, Mossel Bay
Life is a journey, enjoy the ride! No matter the route we take or the mountains we need to cross, the journey is how we build memories of reaching our destination. This was another goal on this journey that you two are following together. There may be many more mountains to cross, but you now have each other to support and once you reach the top, there will be a magnificent view of what is to come and of course the downhill!
All the best for your journey
Die mis hang die week laag oor die Tuinroete en die kombers het nie gelig voor Tyron & René se groot dag op Gourikwa Reservaat nie. Ten spyte daarvan kon dit nie die glimlag en vreugde van hulle gesigte demp nie! Elke oomblik was een van feesvieringe, vreugde...en `n traan van liefde hier en daar.
Mag julle `n Gesëende pad saam stap.
Venue: Gourikwa Reserve
Video: Ember Heart Films
DJ/Sound: Super Sounds - Pieter van Rooyen
Accommodation: Gourikwa Reserve
Flowers: Gourikwa Reserve
Trourok: Rianda van Freya Bridal Boutique
Wedding Shoes: Pebbles Boutique Mossel Bay
Hair...