Posted on July 8, 2025
by pixbysteve
0 Schulze Familie op die strand in Hartenbos, soos die goue son opkom oor die see.
Daar is iets besonders aan ’n sonopkoms in Hartenbos. Die lug is stil, die see is kalm, en die hemel verander stadig van sagte pers na warm goud. Dis die perfekte agtergrond om iets net so kosbaar vas te vang…familie.
Ek het die voorreg gehad om die Schulze familie te kon afneem tydens sonsopkoms. Die hele familie was wees saam laggend en kaalvoet op die sand. Tye soos die is gevul met vreugde wat mens nie kan oorvertel nie. Dit is juis hierdie tipe sessie wat my herinner hoekom ek doen wat ek doen…om oomblikke vas te vang van ware vreugde. Dae word maande en maande word jare, die tyd stap aan en oomblike soos die is kosbaar.
Die eerste sonstrale het ’n sagte goue gloed oor alles gegooi – van die windverwaai hare tot die voetspore in die sand. Dit was natuurlik, opreg en vol emosie. Ek het gefokus op die spontane oomblikke: broers en susters wat mekaar druk, lagbuie, en daardie stil, liefdevolle kyk tussen ouer en kind. Dis dié stories wat saak maak.
In ’n wêreld wat so vinnig beweeg, is ’n fotosessie soos hierdie ’n herinnering…die lewe is goed, en familie is alles.
As jy al ooit daaraan gedink het om ’n familiesessie te doen, is sonsopkoms op die Tuinroete se strande, die ideale tyd en plek. Die strand is stil, die lig is perfek, en die herinneringe is vir altyd.















